Archive for November, 2007

05
Nov
07

Tattoos

Ek en ‘n baie goeie vriendin van my het vandag in pretoria by Cafe 41 gesit en gepraat. Sy het vir my genoem dat sy graag ‘n Tattoo wil kry. Dit was vir my heel snaaks want sy is nes ek ‘n kind van Jesus. Jesus vertel vir ons in die Bybel dat as ons ander Christene sien wat sondig, dat ons hulle moet spreek anders deel ons in die sonde.

Toe ek haar vertel dat God ons duidelik in die Bybel vra om dit nie te doen nie, toe raak dit so half ‘n ” jy is reg ek is reg” argument.

1. In Levitikus 19: 28 sê God vir ons die volgende: “Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en ingeprikte tekeninge in julle vel maak nie”.

Nou ek weet dat meeste gaan nou sê dat dit net in die ou testament onder Levitikus reëls staan en nêrens ander in die Bybel nie. Daar sal even mense wees wat gaan sê hulle leef nie in die ou testament nie. Dit is ook net onder Livitikus reëls waar Levitikus die reëls neerlê oor bestiality(mense wat seks het met diere) en hoerery. Beteken dit dat onder die nuwe testament dit reg is? Ons het een God wat deur mense die nuwe testament en die ou testament laat skryf het. So is dit in God se oë nou reg as ‘n vrou rond slaap en as bestiality plaas vind, net omdat dit nie in die nuwe testament geskryf is nie?

Mens gaan ook die mense kry wat sê dat in Livitikus 19:27 sê daar dat mans nie hulle hare en baarde mag sny nie, so as mens dit nie mag doen nie hoekom sny mense hulle hare en even ons pastore? Daai vers moet gelees word met die vorige vers. Dan sal jy verstaan dat God dit bedoel in die vorm van Heksery of in engels witchcraft. Jy mag nou vir my sê dat God bedoel jy mag nie tattoos kry in die vorm van witchcraft nie. Dit maak nie sin nie, want die vers net na 28(oor tattoos) in vers 29 praat die Bybel van Hoerery. Hoerery was nog nooit as ‘n vorm van witchcraft beoefen nie. So hoekom dit in die selfde hoofstuk sit? As mens dit in die engelse Bybel lees dit soos volg: ”Ye shall not make any cuttings in your flesh for the dead, nor print any marks upon you“. Neem in ag dat die woord Nor na ‘n komma gebruik word. Dit beteken dat dit iets op sy eie is en dat dit nie verband hou met witchcrafting nie.

2. God sê vir ons jy mag nie sy tempel beskadig nie. In Korinthiërs 3: 16-17 sê die Bybel vir ons: “16, Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die gees van God in julle woon nie? 17, As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle”.

Wat God vir ons sê sal Hy doen en wat Hy van ons vra wil Hy hê moet ons doen. In Numerie 23:19 sê Hy: ” God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?”

Ek persoonlik glo nie dat God daarvan sal hou as ons wat Hy beskou as Sy tempel beskadig deur ink onder ons vel te plaas nie.

God sê ook in Korinthiërs 6:15 die volgende: “Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie?” en in vers 19 en 20 “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julle self behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”

Ek dink dit is genoeg bewyse dat God dit nie sal goedkeer nie.

Daar is nie regtig ‘n regte of verkeerde antwoord nie maar sê my asseblief wat jy dink? Is dit reg of verkeerd?

04
Nov
07

8035 Dae!

Ek word binne die volgende paar dae 8035 dae oud! Vir die wat dit in jaar verkies, dis 22 jaar oud.

Kom ek sê jou wat het ek in die 8035 dae al gedoen.

  1. Ek was gebore.
  2. Ek het my hart vir Jesus gegee! Lief jou baie pappa!!
  3. Ek het 12 Grade agter my naam gekry. Graad 1,2,3,4,5,6,7,8,9,10,11, en 12.
  4. Ek het geleer dat Swart en Wit die twee belangrikste kleure in die wêreld is!
  5. Ek het geleer dat geld alles kan koop behalwe liefde!
  6. Ek het geleer dat alles behalwe water, sleg is vir jou.
  7. Ek het gehoor dat die see die mooiste klank het!
  8. Ek het besef dat die mens enige iets kan doen, even ander mense dood maak.
  9. Ek het geleer dat stil bly soms die beste raad is wat iemand jou kan gee.
  10. Ek het geleer dat seks lewe kan gee en kan dood maak!
  11. Ek het geleer dat as jy geld het kan jy geld maak.
  12. Ek het geleer datdie rykste mense in die wêreld het of nie skool klaar gemaak nie, of het nooit iets gaan swot nie!
  13. Ek het agter gekom dat movies my lewe is!

Daar is nog duisende ding wat ek in die laaste 8035 dae geleer het. Ek kan nie wag om nog 8035 dae te leef nie, en kan nie wag om nog 8035 dinge te leer nie!




 

November 2007
M T W T F S S
« Oct   May »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  

Flickr Photos

011

008

006

007

005

More Photos

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.